Grade



Grondslag en Intermediere Fase uitgawe nou beskikbaar!

NA BO



tuis



Om behoorlike voorbereiding vir goeie wiskundelesse te doen, kan ure neem - dit plaas groot druk op die onderwyser se kreatiwiteit en neem baie tyd om te finaliseer en af te rond. Wiskunde-onderwysers is ‘n presiese, sekure spesie en om ‘n les te vervolmaak, neem baie tyd en tyd is waardevol, veral met buitemuurse bedrywighede, administrasie, familietyd, ens. in gedagte.

Dalk meer belangrik: baie leerders vind wiskunde baie oninteressant: dit is logies en gestruktureerd en het nie veel in duisend jaar verander nie. In vergelyking met modes, tegnologie en sosiale media – “boring”!

Wel, nou is dit iets van die verlede!

Die Maths Illuminated PowerPoint Presentation Pakket maak dit vinnig en maklik vir ‘n onderwyser om hoë-kwaliteit lesse voor te berei. Dit maak leer prettig en modern deur middel van tegnologie waarmee die leerders kan vereenselwig.

Wat het ek nodig?

Jy het ‘n dataprojekter, ‘n skootrekenaar/persoonlike rekenaar met PowerPoint 2010 en ‘n witbord of ‘n skerm nodig om die aanbiedings in jou klaskamer te gebruik.

As jy nie toegang tot ‘n dataprojektor het nie, kan jy steeds die aanbiedings op transparante kopieer (verkieslik in kleur) en dit dan op ‘n truprojektor gebruik. Alle aanbiedings kan ook as notas vir die leerders gekopieer word.

Wat moet ek nou doen?

Blaai deur die webblad om uit te vind watter aanbiedings beskikbaar is. Klik op die graad (aan die linkerkant) waarin jy geïnteresseerd is om voorbeeldskyfies te sien en ‘n kort beskrywing van elke aanbieding te lees. Vind meer in verband met ons uit, asook hoe om ‘n bestelling te plaas, deur op die “tabs” aan die bokant van hierdie bladsy te klik. Kontak ons asseblief met enige navrae.

Neem asseblief kennis dat bestellings gedurende 'n naweek en 'n skoolvakansie geplaas kan word, maar dit sal eers gedurende die week en skoolkwartaal verwerk word.

Cart

Items in cart: 0
Total cost: R0
Hersien / Kontrolepunt


Kontak Ons
Naam: Skool: E-pos: